Lys van regeringshoofde van Frankryk

Die regeringshoofde van Frankryk (die "Eerste Ministers") het nie altyd dieselfde titel gehad nie.

  • 1815–1849 : Président du Conseil des ministres – voorsitter van die ministerraad
  • 1849–1869 : geen
  • 1870 : Chef du Cabinet – hoof van die kabinet
  • 1870–1871 : Président du gouvernement de la défense nationale – voorsitter van die regering van nasionale verdediging
  • 1871–1876 : Vice-président du Conseil des ministres – adjunkvoorsitter van die ministerraad
  • 1876–1940 : Président du Conseil des ministres – voorsitter van die raad van ministers
  • 1940–1942 : Vice-président du Conseil des ministres – adjunkvoorsitter van die raad van ministers
  • 1942–1944 : Chef du gouvernement – hoof van die regering
  • 1944–1947 : Président du gouvernement provisoire – voorsitter van die voorlopige regering
  • 1947–1959 : Président du Conseil des ministres – voorsitter van die raad van ministers
  • sedert 1959 : Premier ministre – eerste minister

Sedert Charles Maurice de Talleyrand-Périgord in 1815 die eerste keer hierdie funksie vervul het tot en met die aanstelling van Édouard Philippe, wat tans Eerste Minister is, het 171 (honderd-een-en-sewentig) persone hierdie funksie vervul. Die langste tydperk in die pos was die van Jean-de-Dieu Soult ( 9 jaar, 3 maande en 17 dae, waarvan 6 jaar, 10 maande en 20 dae aaneenlopend was). Hy was driemaal regeringshoof onder die Juliemonarchie.


Developed by StudentB